NORTH WEST WILDLIFE TRADERS 2025
NWWT het 'n verskeidenheid aanpassings gemaak om jou as NWWT-kliënt te akkommodeer en om die bemarking van jou wild te vergemaklik. Ons verstaan dat tyd kosbaar is, en alhoewel lewendige veilings in die bomas 'n opwindende geleentheid bied, het dit ook sy eie nadele en risiko's.
Ons het die elektroniese wildsaanbieding met die "Prys Oppi-Deur" konsep geskep. Dit het ’n baie groot omwenteling in die wildbedryf beteken, want dit werk so maklik …
KYK, KIES & BEL
DIGITALE WILDSWERF
DIS SO MAKLIK…
’n Skakel tot die digitale wildswerf sal op die dag van die aanbieding hier beskikbaar wees asook op ons Facebook blad, Whatsapp, per SMS en E-pos. Geen vooraf registrasie is nodig nie
The trading of wildlife through integrity between buyer and seller on a personal level
NWWT het 'n verskeidenheid aanpassings gemaak om jou as NWWT-kliënt te akkommodeer en om die bemarking van jou wild te vergemaklik. Ons verstaan dat tyd kosbaar is, en alhoewel lewendige veilings in die bomas 'n opwindende geleentheid bied, het dit ook sy eie nadele en risiko's.
Ons het die elektroniese wildsaanbieding met die "Prys Oppi-Deur" konsep geskep. Dit 'n baie groot omwenteling in die wildbedryf beteken, want dit werk so maklik …
Hier is 'n paar van die voordele wat dit bied:
* Die prys per dier wat jy sien, is die prys wat jy betaal (uitgesluit btw, vervoer en versekering).
* Geen vermorsing van tyd of onnodige reis nie, aangesien jy nie hoef te ry as die reserwe prys nie behaal word en die dier(e) nie verkoop word nie.
* Verkopers het ook die voordeel dat hulle nie gedwing word om diere teen 'n onrealisties lae prys te verkoop nie.
* Jy hoef nie bekommerd te wees oor "spookbieders" wat die prys kunsmatig opjaag nie.
* Geen onnodige vang of skuif van diere na 'n boma, wat die risiko van mortaliteit, besering en stres vir die diere verminder.
* Die beplanning van bemarking en vangskoste kan vooraf beter bepaal word om winsgewendheid te verseker.
* Geen oorbetalings aan Verkopers voordat die diere op die koper se vervoer gelaai is nie.
* As die diere nie gevang of gelewer kan word nie, word die geld onmiddellik aan die koper terugbetaal.
* Ons platform is goed ontwikkel en bied goeie inligting, insluitend 'n stem beskrywing van sekere lotte. Jy kan dus 'n ingeligte besluit neem sonder die druk van 'n lewendige veiling.
* Ons fokus is om 'n verkoopsplatform te wees waar diere werklik teen markverwante pryse aangebied word, eerder as 'n bemarkingsplatform vir verkopers.
* Jy hoef nie blootgestel te word aan COVID of ander onaangename omstandighede nie, so jy kan jou naweke spandeer langs die sportveld van jou kinders of saam met jou familie op die plaas.
Hoe werk die platform?
* Die diere word in lotte opgedeel soos ontvang van die verkopers.
* Pryse per dier word by elke lot aangedui - jy bie dus nie.
* Die eerste koper wat die prys vir 'n spesifieke lot aanvaar, kontak NWWT en aanvaar die prys en voorwaardes. Die lot word dan as verkoop gemerk op die platform. Dit is belangrik dat jy nie wag as die prys vir jou aanvaarbaar is nie.
* Die aanbieding strek gewoonlik oor 'n tydperk van 2 tot 3 dae.
* Die elektroniese katalogusse word versprei op NWWT se bemarkingsplatforms en bereik baie potensiële kopers.
* Die normale betalingsprosedures word gevolg, en sodra betaling ontvang is, gee NWWT die koper se besonderhede aan die verkoper. Reëlings vir die aflewering word dan tussen die verkoper en koper getref.
NWWT sal ook steeds lewendige veilings aanbied op versoek van kliënte, maar hierdie veilings sal gewoonlik plaasvind op die verkoper se plase of 'n geskikte venue van hul keuse.
Kontak ons gerus met enige vrae of om ons deel te maak van jou wildbemarkingsplan.
Die beplande datums vir NWWT se "Prys Oppi-Deur" aanbiedings sal beskikbaar wees op ons webtuiste en Facebook-blad.
Voorspoedige 2024
Hoe werk die platform?
Voordeel van die sisteem
Wat moet u as Verkoper doen om deel te wees van die bemarkingsgeleentheid?
Kontak NWWT indien u meer inligting wil verkry of info@nwwt.co.za stuur u inligting aan na of per whatsapp na 083 380 1890
NWWT gee om vir u as wildboer, neem die geleentheid dan met ope arms aan.
BELEGGING IN WILD DEUR GESONDE BESIGHEIDSBEGINSELS
Copyright: NWWT© 2022